top of page
Kids Food Truck

WAT IS
DIE ROOMYSKIND

Die Roomyskind is die eerste en enigste moderne, funky, graffiti bus in Suid-Afrika, en bied smaaklike, tuisgemaakte draairoomys, dooproomys, bevrore jogurt, yskoffie, melkskommel, slushies en ander lekkernye.

 

Dié unieke roomyskar ry 5 dae `n week in die voorstede van Pretoria-Oos rond en is beskikbaar vir skoue, markte en privaat funksies, bv. troues en verjaarsdae.

Coffee Truck

WIE IS
DIE ROOMYSKIND

Wanneer `n avontuurlustige sakevrou van Pretoria-Oos uitvind dat sy vir die eerste keer ouma word, wil sy iets spesiaal vir haar kleinseun se welstand doen. As hy sy ma en pa se giere het, dink sy, sal hy mal wees oor soetgoed en so is die idee vir `n unieke roomyskar gebore.

Boy Eating Ice Cream

WAT VERKOOP
DIE ROOMYSKIND

Standaard kleure, geure en verpakking word daagliks aangebied.
Kontak ons vir unieke aanbiedinge met spesiale funksies.

DRAAIROOMYS

  • Met horinkie, suikerhorinkie of koppie

  • Met of sonder flake

BEVRORE JOGURT

  • Amarula & karamel

  • Toffie & kondensmelk

  • Aarbei & kaaskoek

DOOPROOMYS

  • Sjokolade

  • Karamel

YSLOLLIES

  • Karamel

  • Vrugte geure

YSKOFFIE

  • Pure Tribeca koffie

MELKSKOMMEL

  • Sjokolade-koffie

SLUSH PUPPY

  • Aarbei

  • Borrelgom

  • Grenadella

ROOMYS BOBA SLUSH

  • Aarbei

  • Framboosgeur

  • Lietsjie

  • Waatlemoen

DOM PEDRO

  • Roomys met `n skop, slegs 18+

AARTAPPELSKYFIES

  • Beskikbaar in `n verskeidenheid geure

Popsicles

WAAR IS
DIE ROOMYSKIND

Kom nader as jy ons deuntjie hoor!

Woensdae - Sondae, 10:00 - 17:00

PRETORIA-OOS

Pretoria-Oos bied 'n rustige wegbreek vir diegene wat in die stad werk. Die lowerryke strate en goed gevestigde tuine gee die area 'n rustige, dorpsagtige gevoel.

Volg ons op Facebook en Instagram

SKOUE & MARKTE

Gauteng se wye verskeidenheid kos- en handwerkmarkte maak die stad 'n ware bederf oor naweke en op spesiale dae. Die Jakaranda Stad bied die perfekte agtergrond vir besoekers om by enige smaak te pas.

Kontak ons vandag om te bespreek

PRIVAAT GELEENTHEDE

Is jy opsoek na `n nagereg opsie wat die gaste aan die gons gaan kry? Ons bedien privaat troues, verjaarsdae vir oud en jonk, babatees, geslag onthullings, skole dae en selfs begrafnisse.

bottom of page